Wie is ons

Wie is ons

Wat Jy Waar Kry is lief vir God en vir mense. Daarom het ons Wat Jy Waar Kry op die been gebring: om artikels te skryf, podcasts (of potgooi) op te neem, videos te maak en om oor allerlei goedjies te gesels wat tot ons alledaagse lewe betrekking het.

Jy sal sien dat meeste van ons materiaal gaan oor die Bybel en dit is te verwagte omdat ons almal by Wat Jy Waar kry baie lief is vir ons Here Jesus Christus. Ons is ook baie lief vir die Bybel - die Woord van God. Omdat ons lief is vir mense en omdat ons graag mense wil help om sin te maak van die dinge waarmee ons partykeer sukkel, probeer ons ons antwoorde soek in die Bybel sodat ons meer sin kan maak van hierdie lewe. Hierdie lewe is so onvoorspelbaar en verander gedurig, maar God se Woord is ewig en dit bly staande.

Die doel van Wat Jy Waar Kry is om ons uit te daag en om ons te help om seker te maak oor dit wat ons glo. Meeste van die dinge wat ons glo, glo ons omdat ‘n kerk, ‘n predikant of ons ouers vir ons iets gesê het, maar dit is moontlik dat ons nie weet hoekom ons iets glo en waarop ons daardie geloof baseer nie. By Wat Jy Waar Kry glo ons dat alles wat ons in hierdie lewe glo, EERSTE teen die Bybel gemeet moet word. Daarom sal jy vind dat ons baie dinge bevraagteken wat ons glo of dink, nie om dwars te wees nie, maar om seker te maak dat ons ‘n Bybelse perspektief en geloof het: wat op ‘n gebalanseerde benadering tot die Skrif gebaseer is.

Ek wil jou graag nooi, kom stap saam met ons die pad terwyl ons allerhande verskillende onderwerpe ondersoek en probeer lig skep daarop.

Subscribe aan die webblad indien jy nou en dan ‘n e-pos wil ontvang met die nuutste artikels en stories!

Sien jou later!