Wat Jy Waar Kry se eerste treë is gegee in die rigting van 'n potgooi met 'n kort inleiding waar ek en Alno so 'n bietjie net gesels oor wat is die doel van Wat Jy Waar Kry en waar kom die idee vandaan.

Gesels saam met ons

Ons wil baie graag van jou hoor! Indien jy iets interessant gevind het, enige vrae het of net kommentaar wil gee is jy meer as welkom om aan die einde van die artikel kommentaar te los of om kontak te maak by die kontak blad. Ons sal in die pot gooi graag op die terugvoer wil reageer. As jy die Anchor.fm app aflaai, dan kan jy vir ons ook voice-notes stuur en ons kan dit terug speel in die pot gooi.