Selfs al gaan ek deur diep waters

Soms voel jy dalk net depressief oor iets wat verkeerd geloop het! Of jy sien dalk al die gemors op die televisie nuus wat met jou land of die wêreld gebeur! Weet dit! God is nog altyd in beheer!

Selfs al gaan ek deur diep waters
Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. - Ps 23:4

Alles gaan nie altyd voor die wind met jou nie!  Jou ouers of jou huwelik maat, as jy so iets het, gaan deur  'n moeilike tyd of iets.  Weet net dit: God is altyd by jou!  Hy wil altyd by jou wees!  Baie keer gebruik ons Hom net as ‘n noodhulpkassie!  Ons gebruik hom net as ons nodig het!  Hy is egter altyd daar al  God wil by jou wees in ‘n tyd van nood of verdriet!  Hy wil jou versterk!  God is lief vir jou en wil by jou wees en jou ondersteun as jy swaar kry!  Soms voel jy dalk net depressief oor iets wat verkeerd geloop het!  Of jy sien dalk al die gemors op die televisie nuus wat met jou land of die wêreld gebeur!  Weet dit!  God is nog altyd in beheer!  God is nog altyd daar as jy hom nodig het en Hy bly in beheer!  Ons God is alomteenwoordig en Hy is altyd by jou al kan jy dit nie altyd noodwendig ervaar nie!  Omdat hy altyd alomteenwoordig is, kan Hy nie, nie by jou wees nie!  Met ander woorde, God is oral!  Letterlik oral!  Selfs in die hel ook!  Selfs daar waar jy dink jy soms swaar kry ook!  Weet net dat Hy daar ook is!

Al gaan dit ook hoe sleg met jou, God is met jou!