Lofsang en aanbidding is 'n wonderlike manier om ons gedagtes en ons harte op die Here te rig. Dit is 'n kragtige manier om God se Naam groot te maak.

Hierdie kragtige gebaar van lofsang en aanbidding kan ook "leeg" wees, as ons nie oplet hoe ons sing nie. Daar is die gevaar dat "praise and worship" 'n roetine kan word - soos dié wat kerk toe gaan omdat hulle so geleer is, maar hulle het nie eintlik 'n persoonlike verhouding met die Here Jesus nie.

Alno het 'n artikel geskryf hier op Wat Jy Waar Kry oor die gevaar van "praise and worship". In hierdie podcast gesels ons oor een of twee slaggate van lofsang en aanbidding waarvoor ons moet oppas en ons gesels kortliks oor die belangrikheid van die lirieke van lofsang en aanbidding.

Maak seker jy subscribe vir kennisgewings!