Wanneer dit kom by die gebruik van sosiale media, dan dink ek ons almal het al een of ander snaakse of selfs onvanpaste "post" gesien. Dit is baie keer duidelik dat mense nie mooi dink voordat hulle iets op sosiale media plaas nie.

In hierdie episode gesels ek met Alno en Michelle oor 'n artikel wat onlangs op Netwerk24 gepubliseer was oor die Anglikaanse Kerk wat hul eie 10 Gebooie opgestel het vir Christene rondom hul sosiale media gebruik. Dit is net 'n sinspeel op die Bybel se 10 Gebooie en is hoegenaamd nie veronderstel om as God se Woord ge-aanvaar te word nie. Dit is net 'n voorstel vir hoe Christene moet let op wat hulle aanlyn plaas.

Luister gerus na hierdie episode waar ons deur hierdie 10 Gebooie vir sosiale media gaan en daaroor gesels: