Aborsie is 'n sensitiewe onderwerp wat vir party mense aan baie pyn herinner en vir ander maak dit hulle dalk warm onder die kraag. Ongelukkig is dit 'n onderwerp wat ons nie kan vermy nie.

Ek gesels 'n bietjie met Michelle Hattingh, wat 'n artikel onlangs vir Die Student in die koerant geskryf het en die artikel het hewige reaksie ontlok. Ek vra haar 'n bietjie uit oor haar artikel en ons gesels oor aborsie en die vrae wat mense dalk het.