Hy gee jou rus

My en jou God en Vader is die skepper van die heelal en alles wat daar binne is! Ons hoef niks aan niemand bewys nie! Sy krag is tot in ewigheid!

Hy gee jou rus
Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is” Ps 23:2

Jy moet eers aanvaar dat Jesus jou Herder is, dan laat hy jou rus by groen weivelde.  Jy sal agterkom wat Hy alles geskape het en jy kry ‘n dankbare hart oordat Hy alles so skoon en wonderlik geskape het.  Jy kan rusting wees oor alles wat Hy vir jou gee en doen!  Jy kan dankbaar wees or al die genade wat Hy jou skenk!  As jy in die veld of in die natuur kom, besef jy dat alles aan God behoort en hoe goed en mooi alles geskape is!  Jy kry ‘n sin van rustigheid!  Dit is wonderlik om dit te ervaar om net rustig by Hom te wees en net om te ontspan!  Verder skenk Hy aan jou vrede. Dit is vrede wat alle verstand te bowe gaan. ‘n Rustigheid wat jy nie altyd maklik kan beskryf nie!  Hy wil vir jou vrede gee!  ‘n Kalmte wat jou wil laat rus!  Ons as Christene het niks om van weg te hardloop nie!  My en jou God en Vader is die skepper van die heelal en alles wat daar binne is!  Ons hoef niks aan niemand bewys nie!  Sy krag is tot in ewigheid! God gee aan ons ‘n rustigheid wat alle verstand te bowe gaan!

Neels Theron.