Jesus het in sy lewe ‘n magdom verregaande uitlatings gemaak. Hy het mense
geskok, kwaad gemaak, en hul lewens drasties laat verander. Wat is die rede vir
dit wat Hy gedoen het? Wou Hy aansien hê? Was Hy mal? Was Hy net ‘n leuenaar, of
het Hy die waarheid gepraat?