Entries by Riaan

3 Kenmerke Van Ware Liefde

“Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê.” 1 Joh 3:11 My ouma het die ander dag vir my gevra: “wat is liefde?” Ons was besig gewees om te gesels oor die kort briewe van Johannes (1,2 en 3 Johannes) en die klem wat Johannes op […]

Het die Rooi See dadelik oopgegaan?

Nope! Jy het reg gelees. Die Rooi See het nie oombliklik oopgegaan toe die Israeliete daardeur wou trek nie. God het ‘n wind heelnag laat waai om die Rooi See oop te kloof toe die Israeliete besig was om vanuit Egipte te vlug. As jou reaksie enigsins soos myne was toe ek hierdie die eerste […]

Adam en Eva het nie régtig van ‘n Appel boom geëet nie

Ek hoor so baie Christene wat glo dat Adam en Eva van ‘n Appel boom geëet het, maar ongelukkig is dit nie waar nie. Dit is net ‘n mite. Dit is ‘n mite, want eintlik weet ons glad nie watter tipe boom of vrug dit was nie. Ek weet nie of jy al ooit opgelet […]

Beproewings is mos lekker!

Beproewings is baie lekker! Stem jy nie saam nie? Dit is lekker om swaar te kry en te sukkel, dit is lekker om angsbevange te wees, dit is lekker om onsekerheid te hê vir wat vorentoe gaan gebeur en dit is lekker om te weet ons word soos ‘n tandepasta buisie gedruk… of is dit? […]

Hoekom gebruik die Bybel beeldspraak?

Ek is besig om deur die brief van Jakobus te werk en daar is menigte beelde in die brief. Een van die beelde wat die sterkste uitgebeeld word is dié van die tong. Die tipe beeldspraak in Jakobus 3:1-12 wat ons raaklees is ‘n metafoor. ‘n Metafoor, as ek nou reg kan onthou van skool […]

Die Operasie

Het jy al ‘n operasie ondergaan? Jy word vol naalde gedruk, op ‘n drip gesit en dan op ‘n bed met wiele in die operasie kamer in gestoot waar ‘n klomp dokters met maskers vir jou staan en wag… …in sulke oomblikke kry ek ‘n benoude gevoel!  As jou operasie enigsins soos my ervaringe was, […]

Ons gedagtes bepaal ons rigting in die lewe

Ons mans is lief daarvoor om te droom en ons gedagtes kan baie keer ook lekker op hol jaag. Toe ek op hoërskool was het ek hierdie een spesifieke droom gehad in klas. Wanneer die klas so bietjie vervelig geraak het, het ek by die venster uit gestaar en my verbeel hoe daar ‘n paar swart […]

Kan ek God ken sonder om alle mense lief te hê?

Liefde vir mense en liefde vir God. Daar is ‘n sterk konneksie tussen die twee en dit is iets wat ek nogal gereeld aan dink: hoe baie hulself Christene of Kinders van God noem, maar hulle is nie lief vir mense nie. Hulle sê dit nie dalk so pertinent nie, maar as ek na hul […]